Kleure Wat God Ons Gee
Ek kyk na die prentjie en sien al die lyne en hoe pas die kleure daarin
Daar's katjies en hondjies en blomme en bome, die see met 'n meermin daarin
(Daar's net te veel kleure waaruit ek kan kies, waar moet ek begin)
'n Reënboog en wolke, 'n vliegtuig en treine, 'n voël op 'n takkie wat sing
Geel soos die son
Blou soos die see
Dis alles om ons, die kleure wat God ons gee
Groen soos die gras
Rooi soos 'n roos
Swart soos die nag, wit soos die sneeu, die kleure wat God ons gee
(Daar's net te veel prente wat ek nog moet doen, waar moet ek begin)
(Daar's kryte en kwassies en koukies en potlode, hoe kies ek wat kom daarin)
Die veld maak ons vrolik, die helderste kleure, die dam se water is bruin
Die blom maak ons geel dat hy lyk soos die son, die groen gras lyk mooi in die tuin
Geel soos die son
Blou soos die see
Dis alles om ons, die kleure wat God ons gee
Groen soos die gras
Rooi soos 'n roos
Swart soos die nag, wit soos die sneeu, die kleure wat God ons gee
Eintlik kom ons by die reënboog, met al sy kleure so mooi
Daar's rooi, oranje, geel en groen, blou, indigo en pers
Geel soos die son
Blou soos die see
Dis alles om ons, die kleure wat God ons gee
Groen soos die gras
Rooi soos 'n roos
Swart soos die nag, wit soos die sneeu, die kleure wat God ons gee
Die kleure wat God ons gee