Keurspel

Boegoeberg se dam is 'n lekker, lekker dam
Daar waar die meisies hulle hare was en kam
Hul harte is maar koud, maar hul sakke is vol goud
Ons gaan vir hulle vang by die Boegoeberg se dam

Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie sing ons die ou-kraal liedjie saam
Sing ons van water strome, slange en Olienhoutboom en 'n ribbok
Wat daar teen die rantjie staan

Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie

Augustus, September, Oktober, November, Desember

Solank as die rietjie in die water lê, in die water lê, in die water lê
Solank as die rietjie in die water lê, Sienatjie gedink aan jou

Hasie hoekom is jou stert so kort
Hasie hoekom is jou stert so kort
Hasie hoekom is jou stert so kort
Wat het van jou stertjie geword

Die trane die rol oor jou bokkie
Die trane die rol oor jou bokkie
Daar waar die son en die maan ondergaan
Bokkie jy moet huis toe gaan

Nee, nee, nee my dolla nee
Nee my dolla nee, nee my dolla nee
Nee, nee, nee my dolla nee
Ek vry nie met 'n loskop dolla nie

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)