Johan
God het vir Jona gesê
Ek wil jou in Ninive hê
Mense moenie sonde begeer
Hul harte tot die Here bekeer
Maar o, Jona was nie lus om na Ninive te gaan
Hy klim toe op 'n skip wat Tarsus vaar
Wat 'n grote fout, want toe waai 'n sterke wind
Die mense is benoud, o die skip gaan sink
Jona, Jona, was jy tog gehoorsaam, sou jy nooit in die moeilikheid kom
Jona, Jona, leer ons wees gehoorsaam, dan sal dit altyd goed met ons gaan
Jona sê vir hulle, gooi my maar in die see
Ek was ongehoorsaam en kyk wat het gebeur
God stuur toe 'n vis om vir Jona in te sluk
Vir drie dae en drie nagte het hy gebid en dink
Jona, Jona, was jy tog gehoorsaam, sou jy nooit in die moeilikheid kom
Jona, Jona, leer ons wees gehoorsaam, dan sal dit altyd goed met ons gaan (Is so, hoor)
God was hom genadig gewees, spoeg hom uit het hy die vis beveel
God het weer vir Jona gesê, ek wil jou in Ninive hê
Jona het gou opgespring, hy gaan doen wat die Here wil
Jona gaan na Ninive, ongehoorsaam is hy nooit weer nie