Jesus Keurspel
Here Jesus ek is klein
Maak U self my lewe rein
Laat ek altyd van U leer
Laat ek groot word tot U eer
O, Jesus neem my
O, Jesus lei my
O, Jesus sterk my
En vorm my tot U eer
O, Verlosser maak my sterk
Vlytig om vir U te werk
Laat my tog gehoorsaam bly
Altyd gaan waar U my lei
O, Jesus neem my
O, Jesus lei my
O, Jesus sterk my
En vorm my tot U eer
As Hy weer kom, as Hy weer kom kom haal Hy sy kinders
Al Sy kinders wat in Hom glo om by Hom te wees
Ja, ons wag op die Here en ons sing tot Sy ere
Ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal
By die Vader, by die Vader maak Hy vir ons woonplek
Sodat almal wat in Hom glo ook by Hom kan wees
Ja, ons wag op die Here en ons sing tot Sy ere
Ja, Hy kom weer verseker om ons te kom haal
Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp
Loof Hom met die klinkende simbale
Alles wat asem het loof, loof die Heer
Alles wat asem het loof, loof die Heer
Prys Hom met jul stemme , prys Hom uit die hart
Prys Hom in die hemel en op aarde
Alles wat asem het loof, loof die Heer
Alles wat asem het loof, loof die Heer
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
Elke dag sien jy dit as die son weer skyn
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God jou gee
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
Pappa, mamma, maatjies jy is nooit alleen
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God jou gee
Tel jou seëninge, een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk