Jan Van Riebeeck

Toe ek met my skippie in Tafelbaai kom
Toe kyk ek na die berg en ek vra hoekom
Die berg so plat is soos die tafel in die huis
En toe kry ek die antwoord, dit kom uit die kombuis

(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)
(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)

En ons sê dankie, sê ons Jan van Riebeeck, ons sal vir jou nooit vergeet
Dankie 1652 net vir hierdie dag
Dankie, sê ons Jan van Riebeeck, ons sal vir jou nooit vergeet
Dankie 1652 net vir hierdie dag

1652 het die wind gewaai
Toe kom ek met my skippie in by Tafelbaai
Die wind het so gewaai ons was almal op 'n klomp
En so kry hy die naam die Kaap van Storms

(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)
(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)

En ons sê dankie, sê ons Jan van Riebeeck, ons sal vir jou nooit vergeet
Dankie 1652 net vir hierdie dag
Dankie, sê ons Jan van Riebeeck, ons sal vir jou nooit vergeet
Dankie 1652 net vir hierdie dag

'n Beeld van hom is toe geplant
Daar onder by die punt van Tafelberg strand
Dis nou baie jare waarvan ek nou praat
En tog staan hy nog steeds in die Adderlystraat

(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)
(Hip-hip hoera, hip-hip hoera, hip-hip hoera)
(Suid-Afrika)

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)