Goggawiet

Ek gogga rond, ek gogga bont, ek gogga deur die tuine
Ek tjirp en kriek, so riekatiekietiek, ek gogga oor die duine
O, ek roep na jou in die vroeg dag dou as die bergpatrys nog slaap
Ek goggawiet my kriek verdriet voor die witbors kraai nog slaap

Ek goggawiet in die vleitjies riet, ek beesie in die blare
Ek kriekawiet soos 'n pietverdreit en ek tokkelok my snare

Ek soek na jou in die nanag dou, ek gogga in die bome
Ek kriekawiet in die vleitjies riet en ek kriek-kriek in my drome
Ek velang na jou waar die see skuim dou, ek gogga langs die water
Waar die golwe druis en die branders bruis en ek los my lied vir later

Ja, ek gogga rond en gogga bont, ek gogga deur die bome
Ek riekatiekatiek en ek klip en kriek en ek gogga in jou drome

Ja, polla vlink waar die water blink, ek besie in die blare
Met 'n gog verdriet en kriekawiet op my ou kitaar se snare
Ek kry vir jou in die voordag dou en ons gogga deur die tuine
En ons polla vink waar die blink blaar blink en ons doring oor die duine

Ek kriek nie meer oor die hart se seer of gogga in die blare
En my hart is bly jy's terug by my ons speel dieselfde snare

Ek gogga rond en gogga bont, ek gogga deur die tuine
Ek tjirp en kriek, so riekatiekietiek, ek gogga oor die duine

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)