Ek Wens

Ek wens my pet was 'n ruimteskip en ek die vlug kaptein
Dan vlieg ek deur die sterre heen en die aarde word so klein
Ek wens, ek wens, ek wens, ek wens, maar almal sê ek's laf
Skryf dit op jou maagie en vee dit met jou hempie af, o ja, vee dit met jou hempie af

Ek wens dat water koeldrank was en kos was lekkergoed
Maar dan moet al my tande uit en dit kos manne moed
Ek wens, ek wens, ek wens, ek wens, maar almal sê ek's laf
Skryf dit op jou maagie en vee dit met jou hempie af, o ja, vee dit met jou hempie af

Ek wens dat ek 'n groot mens was met sakke vol van geld
Dan koop ek die see vir die ou Vrystaat en dan is ek 'n held
Ek wens, ek wens, ek wens, ek wens, maar almal sê ek's laf
Skryf dit op jou maagie en vee dit met jou hempie af, o ja, vee dit met jou hempie af
O ja, vee dit met jou hempie af, o ja, vee dit met jou hempie af

Curiosidades sobre a música Ek Wens de Carike Keuzenkamp

Quando a música “Ek Wens” foi lançada por Carike Keuzenkamp?
A música Ek Wens foi lançada em 2010, no álbum “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 7”.

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)