Duitswes Wals

Duitswes is lekker, Duitswes is goed
Duitswes is vol van die boertjie se bloed
Al trek ons sonder water en trek ons sonder kos
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos

Dans met die rooi rok, die hartlam van jou
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange’s orkes, haai, haai
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai

Ons kommandantjie is 'n kleine Joubert
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver
Hy trek deur die bosrand met 'n groot gevaar
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar

Dans met die rooi rok, die hartlam van jou
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange’s orkes, haai, haai
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai

Klein kommandantjie en 'n groot generaal
Hul trek met ons daar uit ver Wes Transvaal
Ons drink eers 'n sopie, dan gaan ons weer weg
Dan gaan hul so moedig teen die platpote veg

Dans met die rooi rok, die hartlam van jou
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange’s orkes, haai, haai
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai

Sy diertjie die huil nou, haar hartjie die blus
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes
Duitswes word donker, Duitswes word goed
Duitswes word donker van die German se bloed

Dans met die rooi rok, die hartlam van jou
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange’s orkes, haai, haai
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat

Dans met die rooi rok, die hartlam van jou
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange’s orkes, haai, haai
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)