Die Poutjie

Daar het 'n jong poutjie, 'n oulike outjie, sy nes op 'n boom tak gebou
Sy vere was fraai en sy houding was kwaai, hy was trotser as enige pou

Elke aand het sy krete weerklink maar o jitte die ander ou poue laat ril
Want sy stem was so luid soos 'n engin se fluit en dit het die ander laat gril

Hy skree
Kyk net na my, ek is mooier as enige pou
En die trots van die poue, daar's niemand so blink en so blou

En al die ou poue was moeg vir die stem van die trots en verwaande klein bog
Want hy pronk en hy straal met sy prag en sy praal, soos 'n koning hoe lam is dit tog
Die ander klomp here van eende se vere gesels toe wat om te maak
Maar hy hoor van hul planne en bestorm die manne en hy maak 'n lawaai soos 'n draak

Hy raas
Julle lawwe ou klomp, ek is mooier as enige pou
En die slimste van almal en dit moet jul altyd onthou

Hy praat nog sy storie, sowaar gedorie en daar glip sy voet en hy val
Hy rol in die modder en beland in 'n graspol vol dorings en daar sit hy vas
Jul moes daar gekom het, dit sou jul verstom het, sy vere was morsig en vuil
En die ander klomp lag vir die res van die dag, hulle het almal gelag tot hul huil

Hul sê
Kyk nou na hom, hy's so lelik as wat jy kan kry
Die verwaande ou poutjie, daar's niemand so lelik soos hy

Músicas mais populares de Carike Keuzenkamp

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)