Die Hondsalon
In Sandton City is 'n hondsalon, diamante skitter in die môreson
Die hare blink en opgekam, sterte styf en die neuse klam
Kyk wie't die poedel ingebring, diamante aan die vingerring
Karre blink in die môreson, neus in die lug by die hondsalon
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Oral waar jy ook al kyk gaan 'n hond net soos sy baas soms lyk
Die ou jong nooi se skootbrak wat heeldag na sy asem snak
Die onvriendelike rykman's vrou, pekinese hondjie aan die tou
Ongeskikte boer op die stoel en langs hom knor sy fris boerboel
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Hul sê jou hond is jou beste vriend, kameraadskap wat jou bind
Maar dis hy wat buurman wakker blaf en oral in die strate draf
Op die sypaadjies los hy sy merk
En hy hinder die posman in sy werk
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
Wie's baas en wie's die hond?
Wie's baas en wie's die hond?