Die Dieretuin
Ons gaan almal na die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
Daar's iets van alles in die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin

Kameelperd het 'n lange nek, wat tot by die bome strek
Koning leeu brul baie hard, sy maanhaar kraag is bruin en swart
Flaminke is so pienk en sag, hul dans en lyk so bietjie laf
Gorilla sit al weer alleen, waar's jou vroutjie dan nou heen
Ons gaan almal na die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
Daar's iets van alles in die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
Oom olifant jou reuse dier, jou slurpie spuit die water hier
Seekoei met jou logge lyf, jy kan selfs op die water dryf
(Zebra kyk jou strepies jas, die swart en wit wat so mooi pas)
Meneer die beer jy is soms kwaad, tog lyk jy so sag en fraai
Ons gaan almal na die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
Daar's iets van alles in die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
(Apie swaai van tak na tak, jou stertjie werk net soos 'n hak)
(Skillie kruip tog uit jou dop, wys vir ons jou kreukel kop)
Ou krokkie wat so lê en dryf ('n Boomstomp, nee dit is sy lyf)
Renoster horing op jou neus, jy kon 'n dinosourus wees
Ons gaan almal na die dieretuin,die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, die diere groot en klein
Daar's iets van alles in die dieretuin, die dieretuin, die dieretuin
Daar waar ons diere maatjies bly, diere groot en klein
Diere groot en klein