Bietjie, Bietjie Eenders
Bietjie, bietjie eenders, bietjie, bietjie anders, so was dit Sy wil
Nie twee van ons is eenders nie, nie twee wat eenders praat
Die Here gee vir elkeen iets wat Hom besonders maak
Bietjie, bietjie eenders, bietjie, bietjie anders so was dit Sy wil
Om mekaar hier altyd en oral, beter aan te vul
Almal bietjie eenders, almal bietjie anders, dis die Heer se plan
Nie twee van ons is eenders nie, nie twee wat eenders doen
Die Here gee talente so, dat ander myne noem
Almal bietjie eenders, almal bietjie anders dis die Heer se plan
So maak ons weer lekker saamwerk tot Sy ere saam