Ek Is Joune, Jy Is Myne
Elke uur van elke dag
Selfs in die middel van die nag
Sal ek jou vas kan hou
In die winter of die somer maak nie saak nie
Ek's 'n dromer en ek's lief vir jou
Ons het loseer in 'n granny flat, geslaap op 'n enkelbed
Verslaaf aan jou
Daai Desember breek my bike
Ons moes Langebaan toe hike vir die samesyn
Al kom die wêreld tot 'n einde
Dis die kyk in jou oë wat my hart laat brand
Ek is joune, jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
Al daai dae is nou verby
Het in ons eerste huis gaan bly in 'n doodloop staat
Ons het 'n labrador gekry
Met 'n kat, aan sy 'n papegaai wat praat
Met ons jongste nog op skool en oudste by die jool
Bly jy my beste maat
Ons kan gaan aftree waar ons wil
Sal mekaar tog altyd vul tot aan die einde toe
Al kom die wêreld tot 'n einde
Dis die kyk in jou oë wat my hart laat brand
Ek is joune, jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
Al kom die wêreld tot 'n einde
Dis die kyk in jou oë wat my hart laat brand
Ek is joune, jy is myne
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand
En al breek jy nou ons bande
Jy's in die arms van 'n ander man
Al kom die wêreld tot 'n einde
Dis die kyk in jou oë wat my hart laat brand
Ek is joune, jy was myne
Tot die dood ons skei my verbond gestaan
Al kom die wêreld tot 'n einde
Dis die kyk in jou oë wat my hart laat brand
Ek is joune, jy was myne
Tot die dood ons skei my verbond gestaan
Tot die dood ons skei stap ons hand aan hand