Vroumens [Live]
Vroumens jy moet weet
Jy intieme gedagtes in my kop kom kweek
Jy steel my met jou gees
En jy neem my na plekke waar ek niks sal vrees
En daar's rooiwyn wat wag wag vir die nag
En 'n bottel vol vreugde om die hartseer weg te was
Wil jou verf met helder kleure
Wil jou proe my Cabernet
Wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf ya lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
Vroumens dis net jy
Jy is so misterieus
Ja jy laat my twyfel in als wat ek weet
Jou leefstyl so boheems
Jy sal huil as jy bly is en lag as jy vrees
En daar's rooiwyn wat wag wag vir die nag
En 'n bottel vol vreugde waar die hartseer weg kom was
Wil jou verf met helder kleure
Wil jou proe my Cabernet
Wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf ya lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
Vroumens dis net jy
Jy skets met woord en mond
Ya iets so goed soos jy is dalk net ongesond
En ja Delila jy
Jy sal altyd jou sin kan kry
Daar's rooiwyn wat wag wag vir die nag
En 'n bottel vol vreugde om die hartseer weg te was
Wil jou verf met helder kleure
Wil jou proe my Cabernet
Wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf ya lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
Vroumens dis net jy