Hardwerkende Man

My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes
By Eskor gewerk het hy het sy staal geken
In sy DKV geklim ja dou voor dag
Geglo ledigheid’s die kussing waar die duiwel wag
Sy vuiste was gebal ja hy het geboks
Hy was so lief vir die leer bal en lief vir die trots
Hy’t sy beste gegee om sy beste te wees
Maar soms was die monsters net te veel
Die monsters wat soms ‘n huis verdeel

Hy sê ‘n man wat werk met sy hande
Sal nooit te swaar trek nie
‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie
‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man
Wat sy Here ken, by sy beginsels staan
Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man

My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes
By spoorwee gewerk sy gereedskap geken
In sy Cressida geklim van vroeg tot laat
So baie op sy hart maar hy mag nie kla

Hy sê ‘n man wat werk met sy hande
Sal nooit te swaar trek nie
‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie
‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man
Wat sy Here ken, by sy beginsels staan
Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man

Eendag sal hy eendag met die perde wen
‘n Stukkie grond kan koop en weer vrede hê
Hy was ‘n weeskind gewees hy sou sy alles gee
Om my pa en sy broer met die liefde te steun
Om my pa en sy broer met die liefde te steun

Hy sê ‘n man wat werk met sy hande
Sal nooit te swaar trek nie
‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie
‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man
Wat sy Here ken, by sy beginsels staan
Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man
Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man
Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man

Curiosidades sobre a música Hardwerkende Man de Appel

Quando a música “Hardwerkende Man” foi lançada por Appel?
A música Hardwerkende Man foi lançada em 2021, no álbum “Hardwerkende Man”.

Músicas mais populares de Appel

Outros artistas de