Dina

Ons het saam geboer
Moer koffie geroer
Sy was die ekstra lepel suiker
Die bitter in my soet
Donkie kar gery
Duskant Loeriesfontein
As sy sing kry ek die ritme tot ons lekkerkry

En Dina, Dina, Dina
Die nag raak koud
Jy't my warm gehou met jou binneboud
Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg
Soos jy dans met jou bontrok en jou oë so stout

O waar is my Dina, my Dina, my Dina
O waar is daai Dina, daai Dina van my
O waar is my Dina, my Dina, my Dina
O waar is daai Dina, daai Dina van my

Sy het tok tokkie gespeel met my hart se deur
Daar was 'n gaatjie in die venster en sy loer daardeur
O Dina jy, ek sou nooit beter kry
Toe ek weer sien, sien ek stoftrek deurrie die plaas se hek

En Dina, Dina, Dina
Die nag raak koud
Jy't my warm gehou met jou binneboud
Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg
Soos jy dans met jou bontrok met jou oë so stout

O waar is my Dina, my Dina. my Dina
O waar is daai Dina, daai Dina van my
O waar is my Dina, my Dina, my Dina
O waar is daai Dina, daai Dina van my

Ek het gedog jy's weg na groener plek
Dit is droog hier in die Noord Kaap, dit is harde werk
Toe ek my kop oplig sien ek hoe kom sy terug
Met die wolke op haar skouers
Sy het reën gebring

En Dina, Dina, Dina
Die nag raak koud
Jy't my warm gehou met jou binneboud
Ek was weerloos geterg langs die Hantamberg
Soos jy dans met jou bontrok met jou oë so stout

O hier is my Dina, my Dina, my Dina
O hier is my Dina, sy's terug by my
O hier is my Dina, my Dina, my Dina
O hier is my Dina, sy's terug by my

O hier is my Dina, my Dina, my Dina
O hier is my Dina, sy's terug by my
O hier is my Dina, my Dina, my Dina
O hier is my Dina, sy's terug by my

Curiosidades sobre a música Dina de Appel

Quando a música “Dina” foi lançada por Appel?
A música Dina foi lançada em 2021, no álbum “Hardwerkende Man”.

Músicas mais populares de Appel

Outros artistas de