Party Dae

Party dae
Wonder ek net hoekom?
En of dit alles die moeite werd is?
En of verligting ooit sal kom?

Party dae
Wonder ek oor al die mense
En of hulle ook hoop terwyl hulle rondloop?
Dat iemand hul sal koester

Ek sou alles net wou sien
Vir wat dit is en die doel wat dit dien
‘n Georganiseerde gemors
‘n Gestruktureerde chaos

As ek jou net kon sien
Sou jy my laat vlieg?
Jy’s my engel jy’s my vlerke
Jy bied my perspektief

Sonder jou
Sukkel ek om te ontwaak
En tussen deur die blindings probeer die son my seer te maak
En ek bly eerder slaap

Sonder jou
Is ek ‘n dwase maat
Wel ervare kluisenaar ek verbeel my ek hoor jou lag
Dwaal die gange op en af
Maar jy is lankal weg

Ek sou alles net wou sien
Vir wat dit is en die doel wat dit dien
‘n Georganiseerde gemors
‘n Gestruktureerde chaos

As ek jou net kon sien
Sou jy my laat vlieg
Jy’s my engel jy’s my vlerke?
Jy bied my perspektief

As ek jou net kon sien
Sou jy my laat vlieg
Jy’s my engel jy’s my vlerke?
En ek het jou nogsteeds lief

Músicas mais populares de Andriette

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)