Lief Vir Alles Hier Medley

Toe die wêreld hier nog jonk was
En die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond
Suid van die ewenaar

En in die skemer as die son sak
En die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue
Oor die heuwels van ons land (Halala)

Halala (Halala)
Halala (Halala)
Ewig is ons Afrika (Halala)
Halala (Halala)
Halala (Halala)
Mayibuye Afrika (Halala)

Halala (Halala)
Halala (Halala)
Ewig is ons Afrika (Halala)
Halala (Halala)
Halala (Halala)
Mayibuye Afrika

Nog ’n somerson kersfees
Want die Koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
Ek sal die posduif vra

Sal hy gaan draai in die suide?
By die berg en die see
En daar waar my liefde kaalvoet loop
Die nota vir jou gee

Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son
'n Spieël het gebreek
Tussen my en hom

Soek ek na die grootpad?
Om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies
Van sy woorde af

Eggo is geen antwoord
Antwoord hy al om
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son
Bitterbessie son

Neem my saam
Hou my vas by jou
Laat my glo in jou
Ek weet jy sou so graag wou
Kom saam met my en dra my saam op vlerke van die wind
Kom ons soek die kind wat roep in ons
Wat skyn en haat wil agterlaat
En waarheid vind
Kom saam met my
Kom saam met my

Ek wil jou ken
Ek wil jou ken
Kom saam met my
Kom saam met my
Ek wil jou ken

Waar die kosmos pienk rinkink
Soms verdwaal in gras en wind
En die stof na reën roep as die son steek

Waar die vygies lag en staan
Met hul geelrooi hempies aan
En die more los my tans tot waar die maan breek

Stap hy oor sy kronkelpad
Krom gedraai by die watergat
Waar hy dors die dag se werk aanpas en tog hoog staar na

Geel madeliefies tussen dorings en gras
Waar kan ‘n mens dan mooier kry?
Geel Madeliefies ek is goed opgepas
Maar hy draai vir min sy rug op my

So baie mense slaap vanaand
Die lug in sterreprag geslaan
Hul weet nie dat wanneer die more kom
Die pyn vir ons sal kwyn

Die bome strak en swart vanaand
Die maanlig glimmer oor die stroom
Die stilte van die nag 'n groot mistiek
Ek skuil vir nou daarin

Vir alles hier en die hemelruim en alles wat bestaan
Deur dit alles heen sal ek tog kan bly leef
Die deur staan oop en die wêreld bly 'n wonder vir my
En alle wesens wat nog hoop

Vir alles hier en die hemelruim en alles wat bestaan
Ja die vuur en die pyn en fantasie
Dit alles maak my 'n kind wat nog in goedheid kan glo
Ja ek is lief vir alles hier
Ja ek is lief vir alles hier
Ja ek is lief vir alles hier

Músicas mais populares de Andriette

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)