Geel Rok
Ek onthou daai Vrydagaand
Dit voel nog steeds soos gisteraand
Jy het 'n geel rok aan gehad, toe jy my hart gesteel het
Ek het gewonder wie jy is toe jy so reg langs my kom sit
En toe ek in jou groen oë kyk, toe weet ek dit is dit
Maar ek was bang ek het dit geweet staan op net toe jy sê
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om my te kry
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om by my te bly
Ek onthou daai Sondagaand, dit voel nog steeds soos gisteraand
Jy het 'n wit rok aan gehad toe jy my naam geneem het
Maar ek was bang ek het gebewe, draai om net toe jy sê
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om my te kry
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om by my te bly
Sestig jaar verby
En ek dra nog jou ring
Al is jy nie meer hier nie sal jy in my drome sing
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om my te kry
So kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om by my te bly
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om my te kry
Kom ons dans, die aand verby
Dis jou kans om by my te bly