Ek Is:

My kind hoekom lyk jy so ontsteld vanaand
My kind weet jy Ek is hier vanaand
Ek wens jy wil My dien ophou glo in wat jy sien
Want Ek is hier en Ek droom dat jy kan sien Ek het jou lief

Vat jou na waters van rus sodat jy weet wie Ek is, wees stil, Ek is
Laat Ek jou trane af vee want Ek het alles vir jou gegee, wees stil en weet Ek is
Ek is
Ek is

Somtyds kyk Ek deur jou harde hart
En sien jou masker en Ek voel jou smart
Ek wens jy wil My dien ophou glo in wat jy sien
Want Ek is hier en Ek droom dat jy kan sien Ek het jou lief

Vat jou na waters van rus sodat jy weet wie Ek is, wees stil, Ek is
Laat Ek jou trane af vee want Ek het alles vir jou gegee, wees stil en weet Ek is
Ek is
Ek is
Ek is

Genade onbeskryflik groot is Ek in jou tyd van nood
Ek is, Ek was Ek sal ook wees hoe werk die lewe Ek genees
En Vader is wat hul my noem Ek stuur my Seun om te versoen
Hy dra die kruis, Hy dra die seer sodat jy van my liefde leer

Vat jou na waters van rus sodat jy weet wie Ek is, wees stil, Ek is
Laat Ek jou trane af vee want Ek het alles vir jou gegee, wees stil en weet

Wees stil en weet
Wees stil en weet Ek is

Músicas mais populares de anders

Outros artistas de Contemporary R&B