Ken Jy My

Kan jy voel hoe waai die winde
Deur die kamers van my hart?
Kan jy sien wat jy aan my doen?

Jy sê jy ken verlange
En die dieptes van die smart
Maar ken jy
Ken jy my?

Ek hou van skulpies
Op die strand
Ek hou van kerse
En ‘n kaggelvuur wat brand

Ek hou van jou
Maar iets wil ek jou vra
Ken jy
Ken jy my?

Storms woed hier in my
Soos ‘n kind staan ek verward
Waarom al die twyfel
Al die vrae?

Die reën maak druppels teen die ruit
‘n Geut wat lek ‘n dripgeluid
Maar ken jy
Ken jy my?

Ek hou van skulpies
Op die strand
Ek hou van kerse
En ‘n kaggelvuur wat brand

Ek hou van jou
Maar iets wil ek jou vra
Ken jy
Ken jy my?
Ken jy
Ken jy my?

Músicas mais populares de Anaís

Outros artistas de Romantic