Die Rivier Se Pad

Kan ek 'n bietjie tyd by jou kom haal
Verskriklik hard het ek vir jou geval
Is jy die een wat liefde in my bring
Soos 'n kind wil ek vreugdesliede sing

Luister wat jou hart vir jou wil sê
As jy ooit hier langs my wil kom lê
Is daar plek in oorvloed ek kies jou bo ander
Die feit dat ons appart is is 'n skande, jy weet dit moet verander
Tyd verloop maar dit vat langer

As jy verlore voel vertel my wat's die doel vir jou om vas te hou hy is verkeerd vir jou
Want die rivier se pad wil my na jou toe vat, ek kan nie help as hy my na jou toe lei nie
Oe-o, oe-o, oe-o, oe-o

Die dimpels in jou wange steek my aan
Dit is die opdroog van my trane
Net as ek dink die oomblik het verskyn
Daag ek op om te sien jy het verdwyn, jy weet dit moet verander
Tyd verloop maar dit vat langer

As jy verlore voel vertel my wat's die doel vir jou om vas te hou hy is verkeerd vir jou
Want die rivier se pad wil my na jou toe vat, ek kan nie help as hy my na jou toe lei nie
Oe-o, oe-o, oe-o, oe-o

Sal jy nou laat gaan en in my arms val daar's net liefde waar jy kyk, verwerping maak my mal
Ek kan jou nie laat gaan nie want ek het jou reeds gevind sal jy my aanvaar of is jy, is jy blind

In die perfeksie van jou grys-blou oë
Wil ek my gedagtes kom opspoor

As jy verlore voel vertel my wat's die doel vir jou om vas te hou hy is verkeerd vir jou
Want die rivier se pad wil my na jou toe vat, ek kan nie help as hy my na jou toe lei nie

Help as hy my na jou toe lei nie
Oe-o, oe-o, oe-o, oe-o, oe-o, oe-o, oe-o, oe-o

Músicas mais populares de Alter Ego

Outros artistas de Acid house