Haar Vuur
Heya heya haar vuur sal nooit ophou brand
Die vlam brand wild in haar hart al is sy jonk
Maar soos die jare aanstap word sy gewond
En soos die druk net bly bou maak dit haar lig skielik dof
Brand die vuur nog daar
Daar bly ‘n vonk in haar oë, sy't net vergeet
Onmoontlik is net ‘n woord, maar haar hart weet
Sy't haarself vining verloor maar nie vir lank nie nee
Want die vuur is daar
Heya heya sy’s dogter, ma en vrou
Heya heya sterker as enige ou
Heya heya met swaarde in haar hand
Breek sy die kettings, sy's Joan of Arc in haar hart
Heya haar vuur sal nooit ophou brand
Heya haar vuur sal nooit ophou brand
Die wêreld wil haar inperk en sê wat's reg
Sy's Cleopatra sy’s sterk en sy sal veg
Rooi lippe wys net haar vuur dit kruip al te lank weg
En nou brand dit sterk
Heya heya sy’s dogter, ma en vrou
Heya heya sterker as enige ou
Heya heya met swaarde in haar hand
Breek sy die kettings, sy's Joan of Arch in haar hart
Heya haar vuur sal nooit ophou brand
Heya haar vuur sal nooit ophou brand
Almal bly net sê hey meisie moenie jou gevoelens wys nie, bly net lig en vry soos ‘n sagte veer
Laat die wind jou waai waar hy wil, nou maak hy haar vlamme meer brand
Heya heya sy’s dogter, ma en vrou (Sy’s dogter, ma en vrou)
Heya heya sterker as enige ou
Heya heya met swaarde in haar hand
Breek sy die kettings, sy's Joan of Arc in haar hart
Heya haar vuur sal nooit ophou brand
Heya haar vuur sal nooit ophou brand