Daai Oë

Jou lippe trek my nader dit gee my weer krag
Jou mond vloei soos water dit spoel my af
Jou wange gloei soos vure my eie son
Jou hare vloei riviere my waterblom

Maar as ek van jou lyf sing weet jy al
Daar is net een ding waarvoor ek altyd val
Daai oë wat ek lief het maak my mal
Net een kykie daarin, ek bly val en val
Verder as wat ek kan kniel, diep daar onder weerkaats jou siel
Dis waarom ek jou oë so lief het

Jou arms is ons skuiling dit gee my weer krag
Jou bene is so verlydelik dit koel my af
Jou vel is glad soos satyn o so sag
Jou lyf soos somersonskyn jis jy mag

Maar as ek van jou lyf sing weet jy al
Daar is net een ding waarvoor ek altyd val
Daai oë wat ek lief het maak my mal
Net een kykie daarin, ek bly val en val
Verder as wat ek kan kniel, diep daar onder weerkaats jou siel
Dis waarom ek jou oë so lief het

Ek kan sing van jou mond, ek kan sing van jou lyf
Ek kan sing van jou hart en alles ook prys

Daar is net een ding
Ek kan sing van jou mond, ek kan sing van jou lyf
Ek kan sing van jou hart en alles ook prys
Ek kan sing van alles op my bui maar dis net jou oë wat my so laat ly

Net een kykie daarin en ek bly val
Daai oë wat ek lief het maak my mal
Net een kykie daarin, ek bly val en val
Verder as wat ek kan kniel, diep daar onder weerkaats jou siel
Dis waarom ek jou oë so lief het

Músicas mais populares de Adam

Outros artistas de House music