Kruispad

Ek staan hier by 'n kruispad in my lewe, ek weet nie waarheen nou nie
Toe kom U, en U wys vir my die lig

Glo in My
Sê Sy stem as ek en jy verdwaal
Jy moet lewe en jy moet liefhê totdat Ek jou kom haal
Glo in My
Sê Sy stem as ek en jy vergeet, in Sy woord is als wat jy moet weet
Al wat jy moet doen is glo

Ek staan hier by 'n kruispad in my lewe, ek weet nie waarheen nou nie
Toe kom U, en U wys vir my die lig
Ek sien 'n nuwe toekoms en ek volg U want U roep my
Daar's 'n lied in my hart want U loop hierdie pad saam met my

Maak jou besluit
Sê Sy stem wanneer ek twyfel
As jy soek sal jy vind want jy is My hart, jy is My kind
Want Ek is
En Ek was en Ek sal altyd wees, die Een wat troos en jou genees
Al wat jy moet doen is glo

Ek staan hier by 'n kruispad in my lewe, ek weet nie waarheen nou nie
Toe kom U, en U wys vir my die lig
Ek sien 'n nuwe toekoms en ek volg U want U roep my
Daar's 'n lied in my hart want U loop hierdie pad saam met my

Vind jou lag (Vind jou lag)
Los jou trane
Vind jou hart (Vind jou hart)
Jou lewensdrome en word die mens wat jy nog altyd graag wou wees
Lig jou hande (Lig jou hande)
Breek die bande, bring Hom lof en eer Sy grootte majesteit
En sing jou hart uit

Loof Hom by die kruispad in jou lewe, Hy hou jou teen Sy hart vas

Loof Hom by die kruispad in jou lewe, Hy hou jou teen Sy hart vas
Hy kom jou haal elke keer as jy verdwaal
Al staan jy by 'n kruispad in jou lewe is die rigting vir jou duidelik
Sing die lied in jou hart want Hy loop hierdie pad saam met jou

Daar's 'n lied in jou hart, sing die lied in jou hart
Loof Hom by die kruispad

Músicas mais populares de Ablaze

Outros artistas de Heavy metal music